Getuigskrifte

Hiermee wil ek en Morne net vir julle baie dankie se vir die manier waarop julle ons  sekwestrasie hanteer het. Van die eerste dag af wat ek aan julle n mail gestuur het met ons probleem het julle my nog dieselfde dag terug gebel en alles mooi verduidelik hoe dit werk.

Ook met die totale proses wat omtrent net 5 weke gevat het, het julle my elke week op hoogte gehou en met alles ons so goed hanteer. Baie dankie. Ons sal julle aanbeveel vir julle goeie diens en almal se vriendelikheid.

Groete

Janse van Rensburg familie

Goeie dag,

Graag wil ek julle personeel baie dankie sè vir die flinke diens. Ek dra geen kennis van julle tipe werk nie en julle het my bygestaan met inligting en verduidelikings. Ek het verskeie kere dieselfde vrae gevra en elke keer was julle geduldig en het my weer en weer die antwoorde gegee en verduidelik. Baie dankie ook vir julle simpatiek oor om te luister.  Ek wens julle personeel net alle voorspoed toe. Hou so aan en julle sal die vrugte pluk.

Sterkte en baie dankie

Mev. Wentzel

Hiermee wil ek net baie dankie aan die span se wat my so mooi gehelp het deur hierdie proses waardeer ek gegaan het. Die span het elkekeer agter my gestaan as daar enige iets verkeerd geloop het.  Die span het al my stres en my bekommernis uit my hande gevat en selfs na die hof toe gegaan waar ek weet dis maar swaar om voor die hof te staan. 

Ek het verskeie kere e-poste gestuur waar die span dadelik geantwoord het, en glo my dat ek meer as 10 keer e-poste gestuur het.  Baie dankie vir julle uitstekende werk en my stres van my skouers te vat.

Dankie

Mev. Calitz

Hi,

My sekwestrasie het my gehelp om ontslae te raak van finansiele stres en my n beter finansiele lewe te bied.

Die ervaring was oed, vergemaklik en gerusstellend die proses was maklik n die dienslewering en julle bystand was puik.

Baie dankie vir die goeie diens

Mnr. Oosthuizen

KONTAK ONS
close slider


    WhatsApp chat