Wanneer kwalifiseer ek vir Rehabilitasie?

Daar is verskeie omstandighede wanneer ‘n insolvent geregtig is om te rehabiliteer. Elkeen van hierdie omstandighede het sy eie tyd raamwerk en spesifieke reëls wat deur die Wet ingestel is, nl.

Indien jy langer as 4 jaar terug gesekwestreer is, kan jy met veiligheid aanneem dat die administratiewe proses, rondom die insolvente boedel, afgehandel is.

Jy moet die kurator kontak wat die insolvente boedel hanteer het, en vasstel of daar enige uitstaande gelde (kontribusie) op die insolvente boedel betaalbaar is. Jy kan dan ook by die kurator vasstel of jy geregtig is om te rehabiliteer, aldan nie.

Indien jy nie geregtig is om te rehabiliteer nie, sal die kurator jou ‘n antwoord kan bied waarom nie. Sorg dus dat jy weet wie jou kurator is alvorens jy ‘n prokureur nader om die rehabilitasie aansoek te bring.

Jy kan aansoek doen vir rehabilitasie 12 maande nadat die meester die finale L & D rekening aanvaar het.

Die Insolvensie wet maak ook voorsiening dat, indien die Meester die 1ste  L & D rekening ontvang het en dit goedkeur, die Meester rehabilitasie kan ondersteun indien die insolvent kan bewys dat dit in die algemene belang van die bree publiek sal wees, as jy gerehabiliteer word. ‘n Voorbeeld hiervan is, waar die insolvent die geleentheid het om ‘n direkteer van ‘n Maatskappy te word wat werk skep in agtergeblewe gemeenskappe.

Dit is belangrik om daarop te let dat vervroegde rehabilitasie nie deur die hof oorweeg sal word as dit slegs vir jou as applikant tot voordeel strek nie.

Verskeie ander faktore speel ook ‘n rol by die oorweging of die insolvent geskik is vir rehabilitasie;

Was die insolvent al voorheen gesekwestreer?

Is hy aan ‘n kriminele klag skuldig bevind na sy sekwestrasie, met spesifieke verwysing of hy skuld aangegaan het nadat die sekwestrasie proses in werking getree het?

Enige eise wat bewys is deur die skuldeisers, of nie?

Ondersteun die Meester en die Kurator die insolvent met sy voorgeneme rehabilitasie aansoek?

Die kans dat die insolvent vinniger kan rehabiliteer waar hy ‘n kontant sekwestrasie, uitgevoer het, is baie groot.  ‘n Kontant sekwestrasie is waar die insolvent die voordeel van krediteure asook alle administratiewe kostes van die insolvente boedel kontant betaal het.

n Voorbeeld hiervan sal wees as een van die insolvent se familie lede die voordeel van die krediteure asook alle bykomende kostes, namens die insolvent inbetaal. Hierdie betaning sal plaasvind in die vorm van n skenking plaasvind. 

Die feit dat die geld onmiddelik beskikbaar is aan die kurator het tot gevolg dat die kurator die administratiewe gedeelte, van die boedel, vinniger kan afhandel, en die L & D rekening spoedig kan indien.

Tydsverloop
In terme van artikel 124 (5) van die Insolvensie wet hoef jy nie formeel aansoek te doen vir rehabilitasie wanneer 10 jaar, vanaf die datum van suksesvolle sekwestrasie, verloop het nie. Dit het tot gevolg dat jy na 10 jaar vanaf jou sekwestrasie datum outomaties rehabiliteer.

Neem kennis dat ongeag die tydsraamwerke hierbo die Kurator in uderegeval eers die administrasie van die insolvente boedel moet afhandel en die meester moet die L&D rekening, wat deur die Kurator ingedien is, amptelik aanvaar alvorens jy kan aansoek doen vir rehabilitasie.

Kontak Ons

Voltooi die vorm en ons kontak u…


    KONTAK ONS
    close slider


      WhatsApp chat