Oor Ons

OOR ONS
Insolvensie Care is die voorloper maatskappy met ‘n nasionale paneel van prokureurs wat spesialiseer in sekwestrasies, rehabilitasie en maatskappy likwidasies. Ons het ‘n gekombineerde rykdom van ondervinding en kennis van meer as 100 jaar en is trots op die vlak van persoonlike en kundige diens wat ons nou landwyd kan bied. Ons verskaf maklik verstaanbare en praktiese riglyne aangaande sekwestrasie, rehabilitasie en maatskappy likwidasies (bo-en-behalwe dit wat jy kry op hierdie webwerf) in termes wat jy sal verstaan​​. Ons sal u lei deur die proses wat jou in staat sal stel om gebeure stap vir stap te volg. Ons ervaring in hierdie sake maak die Insolvency Care Span veral empaties teenoor ons kliënte se dag-tot-dag stres asook hulle frustrasies tydens handelinge met meedoënlose krediteure.
Ons prokureurs is bekend daarvoor om buite die spektrum van hul plig te gaan om seker te maak dat ons kliënte se sake professioneel en doeltreffend hanteer word en altyd as ‘n saak van dringendheid beskou word.
  • SMS “Skuld Vry” na 40668 of
  • Vul in die Kontak Form op ons ‘Kontak Ons’ bladsy of
  • Fax u voltooide aansoek vorm na 086 225 6102 of
  • Skakel ons Hoof Kantoor tydens werks ure (08h00 to 17h00) op 087 702 3601 of
  • Stuur ons ‘n Whatsapp na 079 874 6062
Ons Jurisdiksie
Ons hoofkantoor is geleë in Gauteng, Centurion maar ons hanteer sekwestrasies, likwidasies en rehabilitasies reg oor die land deur middel van ons kantore in die Wes Kaap, Ook Kapp Kwa Zulu Natal en die Vrystaat. Maak dus nie saak waarvandaan u ons kontak nie, ons ervare prokureurs en insolvensie praktisyne kan al u benodighede rakende ons dienste namens u hanteer.
Ons Prokureurs
Ons prokureurs is almal veterane in die dienste wat ons aanbied. Hulle gesamentlikke ervaring beteken dat die advies wat u van ons af ontvang van die hoogste gehalte is en u applikasie met die hoogste vlak van profesionele integriteit afgehandel sal word. Skakel ons gerus om met enige van ons prokureurs ‘n gratis konsultasie te bespreek.
Ons insolvensie praktisyns
Ons insolvensie praktisyne is hoogs opgeleide individue wat in samewerking met ons prokureurs landwyd u aansoek behartig. Hulle sal u lei deur die proses om so doende te verseker dat u aansoek vlot en sonder oponthoud verloop.
KONTAK ONS
close slider


    WhatsApp chat