Wat behels die proses vir vrywillige sekwestrasie?
Evaluering van die kliënt se unieke situasie:
In die eerste plek, moet die Insolvensie praktisyn bepaal of die kliënt inderdaad insolvent is en of ‘n ander skuld remedie tot die kliënt se beskikking is of nie, bv. Skuldberading of Administrasie.
Dit is raadsaam dat ‘n behoorlike evaluasie rakende die kliënt se finansiële omstandighede gedoen word. Insolvency care het ‘n standaard aansoek vorm wat volledig deur jou as kliënt voltooi moet word. Let veral op na ‘n volledige lys van krediteure asook die korrekte uitstaande balanse wat jy hulle skuld. As jou laste jou bates oorskry dan is jy ‘n goeie kandidaat vir Sekwestrasie.
Die besluit om aansoek te doen is gemaak, wat nou?
Wanneer die kliënt besluit het om voort te gaan met die aansoek, word die prokureur getaak om met die sekwestrasie proses te begin. Dit sluit in die opstel van alle dokumentasie, aansoek om hofdatum, publisering van advertensies in die Staats koerant waarin die intensie vand die skuldenaar, sowel as die datum van die aansoek gepubliseer word, kennisgewing aan die skuld eisers ens.
Die dag wat die advertensie in die media verskyn, val die skuldenaar onder die beskerming van die Insolvensiewet 24 van 1936, wat beteken dat hy/sy verbied word om enige verdere betalings aan krediteure te maak.
Die Prokureur sal voortdurend met jou in kontak wees om dan ook vir jou op ‘n gereelde basis ‘n vorderings verslag gee. Indien jy die kantore skakel sal enige een van ons konsultante ook vir jou ‘n vordering verslag kan gee in die verband.
Die dag wat die saak in die hof verskyn:
Weens die feit dat sekwestrasie ‘n Hooggeregs Hof aansoek is, sal ‘n advokaat, as jou verteenwoordiger, in die hof versky. Daar is geen verpligting op jou om in die Hof te verskyn nie. Wanneer jou saak aangehoor was in die hof, sal die Prokureur jou kontak om jou in te lig van die resultate.
Nadat die aansoek toegestaan is:
Sal jy ‘n afskrif ontvang van die sekwestarsiebevel vanaf die prokureur, wat deur die hof verskaf word, wat jy dan aan enige krediteur kan stuur as bewys van jou suksesvolle sekwestrasie.
Die kliënt sal nou aan die kurator (gewoonlik deur die prokureur) die fondse moet gee wat nodig is om die voordeel van die skuldeisers te versprei. Die kliënt kan die prokureur versoek om te onderhandel namens hom/haar, met die kurator, om die bedrag wat verskuldig is af te betaal oor ‘n tydperk van tussen 12 en 24 maande.
Hierdie betaling is nie onderhewig aan enige rente nie. Gevolglike word daar geen rente gehef nie.
Die Meester van die Hooggeregs Hof sal ‘n kurator aanstel, wat die insolvente boedel sal administreer.
Die kurator sal (in ooreenstemming met die regulasies van die Insolvensiewet) die voordeel versprei aan krediteure, soos uiteengesit in die dokumentasie van die sekwestrasie aansoek.
Wanneer alle krediteure se eise vereffen is deur die kurator:
Sal die kurator verskaf die kliënt met ‘n dokument, wat verklaar dat alle aspekte met betrekking tot die sekwestrasie bevredigend afgehandel is. Hierdie dokument sal die kliënt toestemming gee om aansoek te doen vir rehabilitasie.
Die hele proses kan tot 34 maande neem, na datum van sekwestrasie, alhoewel dit in sommige gevalle binne so min as 18 maande afgehandel kan word. Alle aspekte is afhanklik van jou unieke persoonlike omstandighede.
Verwante Vrae:
Kontak Ons
Voltooi die vorm en ons kontak u…