
Dit is ‘n hof aansoek wat gebring word in die Hooggeregs hof, deur ‘n Prokureur, in samewerking met ‘n Advokaat, namens die skuldenaar.
Die resultaat van so ‘n aansoek, indien die Hof dit toestaan, is dat die Hof tot 80% van die skuldenaar (aansoeker) se skuld af skryf.
Dit word gesien as ‘n laaste uitweg vir n’ skuldenaar om uit onoorkombare skuld te kom.
Sekwestrasie is dus die proses waardeur ‘n skuldenaar wat insolvent geword het (iemand wat se finansiële verpligtinge groter is as dié van sy/haar inkomste) die wetlike status van insolvent kan bekom, om ten einde die voordele van die remedie te geniet.
Die skuldenaar word onthef van enige verdere verpligting om sy/haar skuldeisers te betaal soos bepaal was deur die oorspronklike skuldeiser se ooreenkoms, en die skuldeiser se ooreenkoms en eise word tot ‘n einde gebring nadat hulle hul voordeel ontvang vanuit die insolvente boedel.